Navorsing

Die basis van die werk van Kroniese Kronieke lê in ons verbintenis tot navorsing wat alle publikasies en hulpverlening informeer. Ons navorsing fokus tans op twee longitudinale navorsingstudies naamlik kroniese rumatoïede artritis en infertiliteit. Diabetes en depressie en is ook persoonlike reise wat baie ongevraagd vereis dat dit bestuur en daarmee saamgeleef word en sodoende fokus ons toekomstige studie-inisiatiewe ook daarop. 

Kroniese Kronieke doen onafhanklike navorsing binne die Sosiale wetenskap met sterk verband met die Teologie en die Psigologie. Ons werk word gekenmerk deur die volgende: 

  • Verkenning van lewensverhale: Identifisering van uitkomste met narratiewe gespreksvoering as basis om selfbestuur, lewenskwaliteit en die betekenis van die lewe te bevorder. 
  • Verstaan siekte, siekteprosesse, siekteprogressie en normalisering in sosiale konteks: Ontleed patrone en snellers om die bestuur van die siektetoestande beter te voorspel en te bestuur binne die konteks van die siek persoon se eie omstandighede. 
  • Persoongesentreerde gevallestudies: Insameling van insigte direk van diegene wat geraak word om meer effektiewe intervensies aan te pas.  

Die volgende navorsingsverslae is reeds voltooi en die geïntegreerde kennnis word verwerk vir artikels wat op die Blogbladsye te vind is. 

Kroniese Kronieke Boekdeel 1, Deel 1 en Deel 2 (2023-2024) – Ongepubliseerd, 335 bladsye (Kleynhans, Van der Merwe, Meyer en Swan). 

Analise en Integrasie van die gedigte van Swan deur C.T. Kleynhans en S.C. Van der Merwe (2024) – Ongepubliseerd, 202 bladsye.