Ontwikkeling

Persoonlike ontwikkeling ten opsigte van selfbestuur 

Selfbestuur is vir Kroniese Kronieke die belangrikste aspek van ʼn kroniese siek persoon se hantering van sy of haar reis met ʼn spesifieke kroniese siekte.  

Professionele ontwikkeling  

Vanweë die belangrikheid van kundige en toegeruste professionele hulpgewers in betrokkenheid met kroniese siek persone, bied ons aanlyn en in persoon werkswinkels met tien modules om vanuit te kies. Die fokus is op toerusting vir beraders en terapeute, predikante en geestelike werkers. 

Ons funksioneer in assosiasie met Excelsus – Voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) van die kuratorium van die Nederduitse Gereformeerde Kerk te Pretoria.  

Die volgende tien modules word aangebied met professionele insette deur medewerkers van Kroniese Kronieke Inisiatief met fokus op kroniese siekte. Modules kan in enige volgorde aangevra word terwyl dit steeds ʼn hegte eenheid vorm. Die modules word aanlyn aangebied.  

Reisverhaal  

Navigeer die kroniese siek-wees-reis met die kompas van geïntegreerde ervaringskennis. 

Lamentoso – Vandag, gister en more (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.1.) 

Nuwe verhaal  

Veerkragtigheid is ʼn vereis vir die hantering van ʼn verskuiwende normaal tydens kroniese siekte.  

Lamentoso – Verse van gewrigte (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.2.) 

Konflikverhaal 

Kroniese siekte se brutale aanslag op die lewensreis van die siek persoon bring ʼn smagting mee na ʼn veilige hawe wat konflikoplossing eis. 

Lamentoso – Stilte (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.3.) 

Pynverhaal  

Die kroniese siek mens beleef ʼn nimmereindige seisoen van onvermydelike pyn en het daarom ʼn effektiewe pynstrategie nodig. 

Lamentoso – Winter (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.4.) 

 
Stilstand- en oorgawe verhaal 

Kroniese siek persone kan brutaal tot stilstand gedwing word en moet sin en betekenis daarin probeer vind deur oorgawe versus berusting. 

Lamentoso – Oggendgebed van ʼn hospitaalpasiënt (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.5) 

 
Hospitaalverhaal  

Kameraderie in die hospitaalsaal met ʼn gedeelde pynverhaal. 

Lamentoso – Kliniese wit (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.6) 

 
Geloofsverhaal  

Lamentoso – Middernag (Swan & Kleynhans, 2025) 

Denkverwarring en geloofshoop in die aangesig van die aanslag van kroniese siekte. 

(KK-M1.7) 

Vervreemdingsverhaal  

Mense voel dikwels ongemaklik met kroniese siekte en daarom is veroordeling en misverstand die sneller vir skuldgevoelens by kroniese siek persone. 

Lamentoso – Skuldig (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.8) 

 
Ontvlugtingsverhaal  

Deurdringende pyn laat kroniese siek persone in ʼn see van pyn met versmagting na verligting – selfs al is dit net tydelik. 

Lamentoso – Samepersing (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.9) 

Oorwinningsverhaal  

Kroniese siekte kan ʼn siek persoon tot op die rand van ineenstorting bring – innerlike krag is ʼn weerbarstige teenvoeter. 

Lamentoso – Kraak (Swan & Kleynhans, 2025) 

(KK-M1.10) 

Die modules is in ʼn deurlopende ontwikkeling- en herontwikkelingsproses soos wat die navorsing ons voorberei en die praktyk ons algaande beter slyp.