
In die donker van onsekerheid en met lewensreisigers se soeke na die lig van informasie staan KleynVDM Uitgewers as ʼn baken van hoop. Ons is ʼn Uitgewersonderneming wat fokus op hoop. Saam leef ons in ʼn gevaarlike wêreld (Johannes 16:33) en het nodig om die woorde te hoor: Hou goeie moed!” KleynVDM Uitgewers lewer publikasies wat uit wetenskaplike navorsing ontwikkel word. Dít is die lig wat ons plaas op verskeie lewensgevaarlike en vermoeiende reise met siekte.
Motivering
KleynVDM UITGEWERS is ‘n ligbaken van hoop vir almal wat op hul lewensreis met siekte en pyn as ‘n reisgenoot saamleef. Wanneer siekte en ander vernietigende lewensomstandighede selfbestuur, selfsorg, lewenskwaliteit en betekenis bedreig, is dit die lig van navorsing wat die onseker reisiger help om die pad beter te navigeer. Kennis bly steeds ‘n magtige wapen in die hand van ‘n mens wat teen pyn, moedeloosheid en onsekerheid veg. Die belang van die oorbrugging van die kennis-praktyk gaping word beklemtoon in die publikasies van KleynVDM Uitgewers.
KleynVDM Uitgewers se basis vir publikasies:
Kennis deur navorsing.
Bewusmaking en inligting vir kwaliteit besluite.
Selfbestuur en professsionele ondersteuning om die praktyk van elke dag te rig.