Publikasies

Publikasies 

Die navorsingsgedrewe informasie van Kroniese Kronieke is gefokus op publikasies en hulpmiddels wat die siek persoon, ondersteunende versorgers en professionele hulpverleners sal bemagtig 

  • Produkte en hulpbronne: Deurlopende ontwikkeling van hulpbronne vir individue en professionele persone ten opsigte van die hantering en ondersteuning van selfbestuursprogramme. 
  • Lamentoso Ervarings van pyn, M.H. Swan en S.C. van der Merwe (2025) KleynVDM Uitgewers. 

Produkinligting 

Titel: Lamentoso Ervarings van pyn, M.H. Swan en S.C. van der Merwe  

Uitgewers: KleynVDM Uitgewers, Kroonstad 

Datum van uitgawe: 2025 

Prys: Sagtebanduitgawe R349 

          Aanlynuitgawe R249 

Sagteband: ISBN 978-1-0370-3006-2 

Aanlyn: ISBN 978-1-0370-3007-9 

Dimensies  

Grootte: 297 x 210mm Portret 

Gewig:   275g 

Papier: Teks op glanswit 150 gsm 

  Omslag op glans gelamineer 250 gsm 

Aantal bladsye: 52 

Beskrywing 

Lamentoso neem jou op ʼn artistieke en sintuiglike reis deur die landskap van kroniese siekte en pyn.  

Swan delf, met haar aangrypende gedigte, diep in die brutale werklikheid van ʼn lewensreis met kroniese rumatoïede artritis. Haar woorde is persoonlik, eerlik en skram nie weg van die realiteit nie – terwyl hoop altyd haar medereisiger is. Van der Merwe skryf as praktiese teoloog en pastorale berader. Haar woorde nooi lesers in tot diepe nadenke en selfrefleksie met die lees van die bloemlesing. Van der Merwe sluit naatloos by Swan aan wat verklaar:  

“in die teenwoordigheid van die Bron van Lig, die duisternis moet swig.”  

Elke gedig is deur ʼn grafiese kunstenaar met ʼn fotobeeld geïnterpreteer en deur ʼn stemkunstenaar opgeneem. Die video’s is beskikbaar op Youtube met ʼn QR-kode wat toegang daartoe verleen.  

Skywers Bio 

Matilda Swan is ʼn onderwyseres, skrywer, digter, blogger, fotograaf en beïnvloeder vir bewusmaking van kroniese outo-immuun siekte. Matilda is in 2016 met kroniese rumatoïede artritis (RA) gediagnoseer en is deur selfbestuur voortdurend besig om haar skuiwende nuwe normaal te navigeer.  

Suzanne van der Merwe is ʼn praktiese teoloog, predikant, skrywer, spreker, prediker, mentor, spesialisberader en kunstenaar. Suzanne is met verskeie kroniese siektes gediagnoseer, o.a. PCOS en endometriose. Sy vind nie slegs haar eie weg binne kroniese siekte nie, maar is daagliks ʼn steunpilaar vir kroniese siek persone binne haar bediening.