Tuis
Jou reis met kroniese siekte is ons prioriteit, daarom is ons leuse:
ONS SIEN JOU!
Kroniese Kronieke is ʼn onafhanklike inisiatief deur ʼn toegewyde navorsingspan wat die 24/7 reis met kroniese siekte in diepte en oor ʼn lang tydperk ondersoek.
Kroniese siek wees beïnvloed elke aspek van jou menslike bestaan.
Liggaam
Siel
Gees
Die uitdagings en komplikasies van kroniese siek wees, is veelvuldig. Selfsorg en persoonlike selfbestuur verdwyn in die alledaagse worstelstryd met kroniese siek wees. Daar is dikwels nie eers meer sprake van ʼn kwaliteit lewe nie.
Kroniese Kronieke bemagtig jou met
- verantwoordbare navorsing (kennis) en
- deurleefde praktiese toepassing (pastorale berading).
Hier word jou kennis verbreed en met praktykgerigte toepassing kan jy met groter vertroue die selfbestuur van kroniese siekte aanpak.
Kroniese Kronieke bied onsself aan as professionele medereisigers en gespreksgenote op hierdie persoonlike reis met kroniese siekte. Die ervaring dat jy nie alleen die reis hoef te onderneem nie, bring groter gerusstelling en bemoediging. So bied Kroniese Kronieke ondersteuning aan kroniese siek persone, hulle gesinne, versorgers asook aan professionele persone wat deur berading en terapeutiese intervensie betrokke is.
Kroniese Kronieke is daartoe verbind om lighuise van hoop te wees vir die breë kroniese siek-wees gemeenskap.
KleynVDM Uitgewers ontwikkel en publiseer vir Kroniese Kronieke lees- en kursusmateriaal vir die reis met kroniese siekte. Navorsingsgebaseerde informasie word aanlyn en in hardekopie beskikbaar gestel en kan persoonlik of deur middel van die kursusse wat Kroniese Kronieke aanbied, bekom word. Bemagtig jouself vir jou reis of vir die reis wat jy saam met iemand onderneem.
Ons fokus op:

NAVORSING
-Verslae
“Geen navorsing sonder aksie, geen aksie sonder navorsing.” – Kurt Lewin

ONTWIKKELING
-Selfbestuur
-Professioneel
“Wees vasbeslote om enige uitdaging op ‘n manier te hanteer wat jou laat groei.” – Les Brown
“Die beste versorgers is die wat nooit ophou leer nie.” – Onbekend

ONDERSTEUNING
-Berading
-Terapie
“Om ondersteuning te bied, is om ‘n lig te wees in iemand anders se donkerte.” – Onbekend
“Ondersteuning is nie net ‘n aksie nie; dit is ‘n verbintenis tot omgee.” – Onbekend

PUBLIKASIES
-Boeke
-Kursusse
“Boeke is ‘n venster na hoop en begrip, selfs in die donkerste tye.” – Onbekend
“Lees is nie net ‘n toevlug nie, maar ‘n bron van inspirasie en genesing.” – Onbekend
“Boeke en informasie bou brue tussen diegene wat hulp nodig het en diegene wat dit bied.” – Onbekend

KOMMUNIKASIE
-Blogs
-Sosiale Media
“Kommunikasie is nie net oor wat jy sê nie, maar oor hoe jy mense laat voel.” – Maya Angelou