Ondersteuning

Berading en terapie 

Kroniese Kronieke verskaf berading- en terapiedienste om individue en gesinne te help om RA te hanteer. Die basis vir gesprek is in die narratiewe benadering gevestig. Ons spesialisberadingsdienste sluit in: 

  • Individuele berading: Een-tot-een-sessies wat fokus op selfbestuur, selfsorg, lewenskwaliteit en betekenis asook emosionele gesondheid en hantering-strategieë 
  • Gesinsondersteuningsgroepe: Gefasiliteerde groepsgesprek waar gesinne uitdagings kan bespreek en oplossings kan deel. 
  • Terapeutiese werkswinkels: Aktiwiteite wat ontwerp is om welstand te verbeter, soos skryf- en refleksie aktiwiteite met terapeutiese fotografie. 

Motiveringsprekers en liturgiese leiers 

Kroniese Kronieke het verskeie professionele sprekers wat onderhoudend kan praat oor kroniese siekte en die bedreigings en geleenthede vir selfbestuur wat vir persone wat siek is en vir ondersteunende hulpgewers nuwe perspektiewe kan open. 

Ons kan ook liturgiese leiding neem in geloofsgemeenskappe en geloofskwessies aanraak ten opsigte van die geloofservaring van siek wees.