Your cart is currently empty!
Description
Beskrywing
Titel: Lamentoso Ervarings van pyn, M.H. Swan en S.C. van der Merwe
Uitgewers: KleynVDM Uitgewers, Kroonstad
Lamentoso neem jou op ʼn artistieke en sintuiglike reis deur die landskap van kroniese siekte en pyn.
Swan delf, met haar aangrypende gedigte, diep in die brutale werklikheid van ʼn lewensreis met kroniese rumatoïede artritis. Haar woorde is persoonlik, eerlik en skram nie weg van die realiteit nie – terwyl hoop altyd haar medereisiger is. Van der Merwe skryf as praktiese teoloog en pastorale berader. Haar woorde nooi lesers in tot diepe nadenke en selfrefleksie met die lees van die bloemlesing. Van der Merwe sluit naatloos by Swan aan wat verklaar:
“in die teenwoordigheid van die Bron van Lig, die duisternis moet swig.”
Elke gedig is deur ʼn grafiese kunstenaar met ʼn fotobeeld geïnterpreteer en deur ʼn stemkunstenaar opgeneem.
Instruksies vir aankoop: Na die aankoop van die aanlynuitgawe sal ‘n link na Heyzine gestuur word. ‘n Username en Password word geskep en dit gee jou toegang tot die book. Daar is ook video’s beskikbaar op Youtube met ʼn QR-kode wat toegang daartoe verleen.
Additional information
| Size | 297 x 210mm |
|---|



Reviews
There are no reviews yet.